Definisie:Vertrek waar gastroskopiese en kolonoskopies uitgevoer word.
Die praktyk beskik oor die nuutste tegnologie ten opsigte van gastroskopiese- en kolonoskopiese prosedures. Talle endoskopiese prosedures word hier aangebied nl.:
- Neem van biopsies van die derm
- Verwydering van poliepe van die kolon
- Beheer van gastro-intestinale bloeding (uit die derm)
- Permanente merk van verdagte letsels in die derm
- Rubberband ligasie van haemorrhoïde