Tuis

Ons strewe is om saam met ons ondersteuningspan 'n plattelandse, persoonlike diens te lewer met Eerstewêreldstandaarde.

Die uniekheid van ons chirurgiese praktyk is dat dit bestaan uit drie spesialis-chirurge wat in vennootskap saamwerk, met die voordeel dat daar te alle tye 'n chirurg van die praktyk aan diens/beskikbaar is vir ons pasiënte, wat kontinuïteit van pasiëntesorg waarborg.

Chirurgie word gedoen in 'n hoogs gemoderniseerde multimedia-teater wat deur middel van tegnologiese integrasie die monitering, operasie en herstel van die pasiënt op 'n hoër vlak plaas as die alledaagse kommersiële teater.

Om die finansiële stres vir ons pasiënt te verlaag, is ons geaffilieer by verskeie mediese fondse Discovery Fedhealth Resolution Bonitas en in samewerking met Worcester Mediclinic is daar 'n voortoelatingskliniek beskikbaar.