Personeel

Dr. CJ Du Plessis

Algemene Chirurg in privaat praktyk sedert 1994.

Voorgraadse opleiding is verkry van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat.

Nagraadse opleiding is ondergaan aan Stellenbosch Universiteit.

Belangstellings sluit in laparoskopiese en gastro-intestinale chirurgie.
lees meer...

Dr. JA Botha

Algemene Chirurg sedert 2005.

Voor- en nagraadse opleiding is ontvang van Stellenbosch Universiteit te Tygerberg Hospitaal.

Institutêre ervaring behels:
  • Konsultant in Chirurgie te Worcester Hospitaal
  • Chirurgiese kliniese assistent te Homerton Hospitaal, Londen, VK
  • Chirurgiese mediese offisier te Little Ashton en Coventry Hospitaal in Birmingham, VK
My belangstellings in die chirurgiese veld is bors- en gastro-intestinale onkologie (kankerchirurgie).
lees meer...

Dr. A Smith

Ek kwalifiseer in November 1999 as dokter nadat ek die MBChB-graad aan Stellenbosch Universiteit verwerf. In 2000 en 2001 voltooi ek my huisdokter- en gemeenskapsdiensjaar in die Suid-Kaap by die George Hospitaal en Mosselbaai Hospitaal, waar ek verdere opleiding ontvang. In 2002 voltooi ek 'n addisionele jaar in George Hospitaal se Chirurgie departement. Dit is hier waar my voorliefde vir chirurgie ontstaan het. Aan die einde van 2002 verhuis ek na Engeland, waar ek waardevolle ondervinding opdoen deur in verskillende chirurgiese dissiplines te werk, onder andere algemene chirurgie, vaskulêre, plastiese en neurochirurgie, urologie en die ongevalle eenheid. My verlange na Suid Afrika raak egter te groot en aan die einde van 2005 keer ek terug na Suid Afrika.

Ek werk vir 18 maande in Karl Bremer Hospitaal se Chirurgie departement. In Junie 2007 word ek as Kliniese Assistent by Tygerberg Hospitaal aangestel, waar ek begin spesialiseer as Algemene Chirurg. Ek behaal in 2011 die MMed graad in Chirurgie aan Stellenbosch Universiteit, asook 'n FCS (Diploma in Chirurgie) aan die Suid-Afrikaanse Kollege van Medisyne. Huidiglik praktiseer ek as Algemene Chirurg met 'n voorliefde vir laparoskopiese chirurgie en veneuse minimale ingrypende chirurgie.
lees meer...
Estelle Potgieter
Lizette Jackson
Reché Conradie
Carol Parker
Annelette Kemp
Chrissie Jacobs