Onkologiese chirurgie (kanker)

Die volgende spesialis-areas word gedek:
  • Kop en nek (bv.parotisklier, tiroiedklier, verskeie soorte kanker van die tong ens.)
  • Mamma (borste), sentinale node biopsies, rekonstruksie
  • Gastro-intestinaal (derm en ander buikorgane)
  • Velkankers (melanoom, basaalsel- en plaveiselselkanker)
  • Sagteweefsel (sarkome, kankersoorte afkomstig van spier, vet ens.)
  • Endoskopiese (gastroskopie en kolonoskopie) montering van die dermkanaal vir / na chirurgie vir 'n dermkanker (maag-/kolonkanker)
  • Endoskopiese plasing van gastro-intestinale stents vir tydelike verligting in kankersoorte wat die dermkanaal blok (obstruktiewe kankersoorte)
  • Inplaas van subkutane chemoterapie toedieningsapparate

Die chirurgie kan oop (die konvensionele tegniek waar die vel oopgesny word) of laparoskopies (toegang tot die buik word verkry deur 'n klein insnyding waar 'n kamera gebruik word om binne die buik te sien, sg.sleutelgatchirurgie) uitgevoer word afhangend van die tipe chirurgie.